Cecilia Nortjé
Cecilia Nortjé woon op ’n plaas met haar gesin. In die week is sy ’n lektor by die VOO Kollege en naweke versin sy romanses. Sy raak opgewonde oor reën in die Bosveld, goeie kos, ’n kwinkslag wat met perfekte tydsberekening kwytgeraak word, en is ’n onversadigbare boekevraat. Sy is ’n regterbreinmens wat haar uitleef in tuinmaak, skryf en teken.
If you like author Cecilia Nortjé here is the list of authors you may also like
Buy books on AmazonCecilia Nortjé similar authors
-
Erla-Mari Diedericks
Erla-Mari Diedericks is ’n joernalis, rubriekskrywer en outeur. Sy is al meer as 30 jaar ’n joernalis en het haar droom verwesenlik om vir byna elke publikasie in SA te skryf, waaronder Fairlady, Femina, You, Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose, Idees, Tuis, Keur – en selfs Playboy.
Buy books on Amazon
Sy het ook al geskryf vir Beeld, Die Burger, Rapport en Sunday Times.
Sy het sewe boeke op haar kerfstok – Sin, Sushi & Survival, Still Standing, V-Verhale, Seks, Leuens en die Internet, Agter Grendels, Dominique en Die Bewonderaar. Die laaste twee is rillers en volg op mekaar.
Tans skryf sy rubrieke vir Netwerk24 wat dikwels die manlike geslag ontstig. -
Dina Botha
Dina Botha is in Pretoria gebore en woon in Centurion. Sy het vier kinders waarvan twee nog skoolgaande is. Op skool het sy Ena Murray, Elmar Steyn en ander bekende romanskrywers se boeke verslind en gehoop om eendag self ’n skrywer te word. Ná skool het sy egter haar droom om joernalis te word gebêre en ’n IT-kwalifikasie behaal. Twintig jaar later het haar passie vir skryf weer opgevlam en sy het die keer die moed gehad om haar droom met mag en mening na te jaag. Sy het in 2014 haar werk bedank en is nou voltyds ’n skrywer
Buy books on Amazon -

Wilna Adriaanse
Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 in die Kalahari gebore. Sy het op Worcester grootgeword en matrikuleer in 1976 aan Hoërskool Worcester. Sy verwerf daarna ’n BA en BA honneursgraad in Ontwikkelingsadministrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is in 1981 met Deon Adriaanse getroud. Hulle het vir drie en ’n half jaar in Giyani (Limpopo) gewoon voordat hulle weer in 1985 hulself in die Kaap gevestig het. Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland. Haar eerste boek, Die wingerd sal weer bot, verskyn in 2000 by Lapa-uitgewers onder die skrywersnaam Wilmine Burger. Haar bekendste boeke is Rebecca (2004), Met ander woorde (2006), Die boek van Ester (2008), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graa
Buy books on Amazon -
Elsa Winckler
I have been reading love stories for as long as I can remember and when I ‘met’ the classic authors like Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James The Brontë sisters, etc. during my studies, I was hooked for life.
Buy books on Amazon
I married my college boyfriend and soul mate and we are fortunate to live in the picturesque little seaside village of Betty's Bay, South Africa with the ocean a block away and a beautiful mountain right behind us. And although life so far has not always been an easy ride, it has always been an exiting and interesting one!
I like the heroines in my stories to be beautiful, feisty, independent and headstrong. And the heroes must be strong but possess a generous amount of sensitivity. They are of course, also gorgeous! My stories ty -
Alma Carstens
Na vier jaar in Kenia en meer as ses jaar in Malawi, het Alma Carstens en haar man die Afrika-stof tydelik van hul voete afgeskud om ’n nuwe avontuur aan te pak. Sedert Januarie 2015 woon hulle in Bangkok, Thailand waar Jacques as regsadviseur vir ’n Britse maatskappy werk. Stories skryf en lees was nog altyd vir haar meer as net ’n stokperdjie, maar deesdae is dit ook ’n noodsaaklikheid wat help met die verlange na hul kinders in die Kaap. Wanneer sy nie skryf nie, kuier sy graag saam met vriende, kyk flieks en speel gholf. Sy is ook dol oor reis, goeie wyn, ’n kaggelvuur en die see.
Buy books on Amazon -
Bets Smith
Bets Smith het begin skryf omdat sy aan haarself wou bewys sy kon die storie wat binne broei op papier kry. Sy hou aan met skryf omdat sy in die liefde en in gelukkige eindes glo, en voel mense het in ‘n harde wêreld nodig om herinner te word daaraan dat die goeie nog kan seëvier. Omdat sy goedvoelstories skryf, is die hele skeppingsproses vir haar terapeuties. Selfs die skryf van spanningsverhale help om van aggressie en frustrasies ontslae te raak, want die skurke word aangekeer en ry op die ou end aan die pen.
Buy books on Amazon
Sy is 'n afgetrede onderwyser wat tans in Reebok, in die Suidkaap bly. Hul uitsig op die see, en die pragtige omgewing is 'n inspirasie vir enige skrywer.
Sy en haar man is reeds 39 jaar getroud. Hy verstaan haar giere en geite en -